UDM eis bedanking van SA gesondheidsminister

Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Zweli Mkhize, gedoen om te bedank te midde van hernude bewerings oor die onregmatige toekenning van nog ‘n kontrak. ‘n Maatskappy wat deur van Mkhize se beweerde vennote besit word, Digital Vibes, het glo 150 miljoen Namibiese dollar ontvang om die minister se nuuskonferensies oor die voortslepende korona-pandemie te skeduleer. Holomisa het ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om Mkhize met onmiddellike effek te verwyder.