Charles Leclerc spring voor weg in Monza Grand Prix

Motorsport: Charles Leclerc van Ferrari het die vinnigste kwalifiseringstyd vir vandag se Italiaanse Formule 1 Grand Prix in Monza aangeteken. George Russell van Mercedes spring saam met Leclerc in die eerste ry weg. Max Verstappen van Red Bull, die huidige wêreldkampioen en voorloper op vanjaar se kampioenskap se puntelys, was tweede vinnigste, maar is met vyf wegspringplekke gestraf. So ook Sergio Perez, Verstappen se spanmaat, wat saam met sewe ander jaers met ‘n paar wegspringposisies vir ‘n verskeidenheid oortredings gestraf is.