ANC aanvaar Makura se bedanking as Gauteng premier

Die ANC in Gauteng het David Makhura se bedanking as premier ontvang en aanvaar. Die gewese ANC-voorsitter se bedanking word reeds maande lank verwag en die nuwe premier word môre verkies. Makhura sê hy is nie uitgestoot nie en was gereed om die pos te verlaat en plek te maak vir ‘n nuwe persoon om die party na sy mees uitdagende verkiesing in 2024 te lei. Gauteng se ANC-woordvoerder, Lesego Makhubela, sê Makhura is ‘n uitsonderlike leier: