Kanadese polisie soek twee mans na tien mense doodgesteek is

Die polisie in Kanada het ‘n soektog na twee verdagtes van stapel gestuur nadat minstens tien mense dood en 15 beseer is in ‘n reeks mesaanvalle in die provinsie Saskatchewan. Die slagoffers is op 13 verskillende plekke gevind, insluitend die James Smith Cree Nation en naby Weldon. Die Kanadese koninklike berede polisie se assistent-kommissaris, Rhonda Blackmore, sê dis tans onbekend waar die verdagtes is of waarheen hulle reis: