Aantygings dat nog renosterhorings by polisie verdwyn het

Plaaslike berigte lui dat nog renosterhorings wat in die polisie se besit was, verdwyn het. Die aantygings kom na sersant Salatiel Simon van die beskermdebronne-eenheid op Otjiwarongo, aangekla is dat hy ‘n renosterhoring gesteel het en in Angola gaan smous het. Van Simon se kollegas sê dat twee horings op Oshakati verdwyn het. Luidens die aantygings het een in September 2017 vermis geraak en nog een wat in die kluis, ook op Oshakati, bewaar was. Niemand is tot dusver in die verband aangekla nie. Die een horing het blykbaar verdwyn tydens ‘n geheime operasie waar die horing te koop aangebied was, eers op Oshikango sonder enige sukses en toe later by Oshakati-Wes. Die horing, wat van Windhoek gebring is het daarna blykbaar spoorloos verdwyn.