SA se skrootmetaalbedryf steeds in die nuus

Die DA sê hy is bekommerd dat die Suid-Afrikaanse Yster-en-Staalinstituut se klagskrif wat die rondte doen die regverdigheid van die openbaredeelnameproses kan beïnvloed. Die klagskrif moedig die publiek aan om die voorgestelde verbod van ses maande op die uitvoer van skrootmetaal te ondersteun. ‘n DA-woordvoerder, Mat Cuthbert, sê ‘n amptenaar van die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het die klagskrif gesirkuleer voor die sperdatum van waarop die publiek en belanghebbers kommentaar kon indien: