Aansoek vir nuwe permitte moet aanlyn gedoen word

Verskaffers van noodsaaklike dienste moet weer aansoek doen vir permitte om te reis uit ingeperkte gebiede of binne die aandklokreël-ure. Die Namibiese ministerie van Industrialisasie en Handel het ‘n beroep gedoen op die verskaffers om permitte aanlyn te hernu. Elijah Mukubonda, skakebeampte by die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.