Aansoek oor SA-verkiesing word Vrydag aangehoor

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings sal aansluit as ‘n vriend van die hof wanneer die verkiesingskommissie sy aansoek bring om die Oktober verkiesings uit te stel. Die aansoek word Vrydag aangehoor. Duwayne Esau van die instituut sê die verkiesings kan nie later as die eerste November gehou word nie.