Jooste stel ouditeurs aan om TransNamib-sake te ondersoek

Plaaslike media berig dat die minister van openbare ondernemings, Leon Jooste, ‘n ouditeursfirma aangestel om sake by TransNamib te ondersoek. Volgens berigte sal Ernst en Young verskeie ooreenkomste nagaan. Jooste wil weet watter ooreenkomste toon profyt, of daar enige regskwessies is sowel as ‘n oorsig van die maatskappy se finansiële prestasie. Jooste het bevestig dat daar geen ondersoek is na die hoof uitvoerende beampte Johny Smith nie.