‘Zuma is nie in ‘n spaza-winkel nie’

Die woordvoerder van die Jacob Zuma-Stigting, Mzwanele Manyi, het die Nasionale Vervolgingsgesag gekritiseer en gesê dit is onnodig om ‘n tweede mediese mening oor die toestand van die gewese president Jacob Zuma te kry. Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal gee Zuma se regspan tot Vrydag om ‘n volledige verslag oor sy mediese toestand in te dien. Die gewese president het oor die naweek ‘n operasie ondergaan. Manyi sê die NVG se optrede wek kommer: