Aanpassings aan fietsry-span in Tokio

Die Namibiese Fietsryfederasie in samewerking met die Namibiese nasionale Olimpiese komitee het die volgende aanpassings aan die Namibiese padfiets-span vir volgende Saterdag in Tokio bekendgemaak. Tristan de Lange sal die land in die 233 kilometer padfietsren rondom Mount Fuji in die plek van Dan Craven verteenwoordig hangende finale goedkeuring. Die spanbestuurder sal Mannie Heymans wees wat Axel Theissen vervang.Die aanpassings is genoodsaak asgevolg van positiewe Covid-19 toetse.