Aanlyn-aankoopplatforms kom onder die loep

Die Mededingingskommissie in Suid-Afrika begin vandag met sy ondersoek na aanlyn-tussenganger-bemarkingsplatforms. Die ondersoek gaan oor aanlynmarkte wat transaksies tussen sakeondernemings en verbruikers vir die verkoop van goedere, dienste en sagteware fasiliteer. Die oorheersende markspelers in die e-handelsbedryf wat in die kollig geplaas gaan word, is onder meer Takealot en Uber Eats. ‘n Woordvoerder van die kommissie, James Hodge, sê die ondersoek is ‘n proaktiewe maatreël om ‘n groter begrip van aanlynmarkte in die land te kry: