Namibiese damme tans gesamentlik 77,9 persent vol

Namibiese damvlakke staan tans gesamentlik op 77,9 persent vol teenoor verlede week se 78,3 persent. Die Suide-damme het ‘n aansienlike hoeveelheid water minder as verlede week met 2,866 miljoen kubieke meter wat uit die Hardapdam onttrek is en 2,387 miljoen kubieke meter water wat uit die Neckartaldam verdamp het. Die sentrale streek se damvlakke staan gesamentlik op 71,2 persent teenoor verlede jaar dieselfde tydperk se 64,8 persent.