Simson Uri-khob van Save the Rhino Trust Namibia wen internasionale bewaringsprys

Simson Uri-khob, die uitvoerende hoof van die Save the Rhino Trust Namibia, het die 2021 Prins William-toekenning vir Bewaring in Afrika in Londen by die Tusk Bewaringstoekennings gewen. Namibiese veearts dr. Pete Morkel het die Tusk-toekenning in 2018 gewen en wyle Garth Owen-Smith het die gesogte prys in 2015 met sy velskoene aan ontvang. Dié toekenning word aan mense toegeken wat uitstekende bydraes tot bewaring in Afrika lewer. ‘n Voormalige direksielid van Save the Rhino Trust Namibia, Rob Moffet, wens Uri-Khob baie geluk met sy prestasie.