Brandstof dalk nog duurder voor die einde van die jaar

Oliebesnoeiings deur Saoedi-Arabië en Rusland sal ‘n aansienlike wêreldwye aanbodtekort teen die einde van die jaar veroorsaak, wat die risiko van verdere markonbestendigheid verhoog, het die Internasionale Energie-agentskap gesê. Die waarskuwing in die agentskap se maandelikse markverslag kom nadat oliepryse opgeskiet het ná OPEC self bereken het dat die gaping tussen globale vraag en aanbod die grootste sedert 2007 sou wees. Die Saoedi-Russiese alliansie is ‘n formidabele uitdaging vir oliemarkte, het die Energie-agentskap gesê.