Klazen vra geduld met vaartuig-inspeksies
Die Namibiese minister van visserye Derek Klazen vra geduld met voorlisensie-ondersoeke in verband met vaartuie. Hy sê die ondersoeke is uiters belangrik om onwettige vaartuie uit te ken en ook om bronne te bewaar deur onwettige visvang te keer. Klazen sê verder hy is bewus dat daar frustrasie in die bedryf is oor die tyd wat die ondersoeke neem maar, voeg by dat die ondersoeke nie net staatmaak op Namibiese stelsels nie maar ook die van naburige lande.