Junior Bokke gereed vir die naweek

Die afrigter van die Junior Springbokke, Bafana Nhleko, sê die Onder-20 Internasionale-reeks is die ideale geleentheid om diepte aan die span te verskaf en ook om die spelers aan die uitdagings van internasionale rugby bloot te stel. Die Bokke het bo-aan die punteleer van die toernooi geëindig waaraan vier spanne deelgeneem het. Dit volg na hul oorwinning van 42-0 oor Georgië in Stellenbosch. Nhleko sê die feit dat al die spelers nou ‘n wedstryd agter die blad het, is baie positief vir die span:

Die Junior Bokke speel Saterdag in die laaste wedstryd van die reeks teen Argentinië.