Marokko: 2 100 dood, hulp word gevra
Reddingspogings in Marokko duur voort, waar drie dae van rou begin het, nádat meer as 2 100 mense in ‘n aardbewing dood is. Die aardbewing van 6,8 het laat Vrydag plaasgevind en was die sterkste in meer as ‘n eeu in die streek rondom die antieke stad Marrakech. Die Atlas-gebergte is die ergste getref, en videomateriaal toon antieke dorpies in die heuwels wat vernietig is. Reddingspanne hoop om oorlewendes onder die puin te vind in afgeleë dorpies in die berge regoor die al-Haouz-provinsie. Die regering het internasionale agentskappe om hulp gevra.