Drie WB-wedstryde vandag, Bokke ook

Vandag is daar drie Wêreldbeker wedstryde. Eerste koms Suid-Afrika te staan teen Skotland, Japan pak Chili en Wallis en Fidji meet kragte. In Saterdag se wedstryde kon Namibië nie ons eerste Wêreldbekeroorwinning ooit inpalm nie die psan het 52-8 teen Italë verloor. In ander wedstryde was daar oorwinnings vir Ierland, Australië en Engeland. Ierland het Roemenië in Bordeaux 82-8 vermorsel en 12 drieë gedruk. Australië het Georgië in Saint-Denis, Parys, 35-15 geklop, terwyl ‘n rooikaart vir die Engelse flank Tom Curry in die tweede minuut nie sy span gekeer het om Argentinië in Marseille 27-10 onder te kry nie.