Kripto-dief kry 11 196 jaar in Turkse tronk
’n Turkse kripto-stigter wat na Albanië gevlug het, en sy twee broers, is elk tot 11 196 jaar tronkstraf gevonnis. Aanklaers het gevra dat Thodex-baas Faruk Fatih Ozer, 29, tot 40 562 jaar tronkstraf gevonnis word vir geldwassery, bedrog en die stigting van ‘n kriminele organisasie. Sy twee broers, Serap en Guven, het dieselfde vonnis gekry. Aanklaers sê Ozer het sowat 570 miljoen Namibiese dollar se kripto-bates na drie geheime rekeninge oorgeplaas toe hy in April 2021 uit Turkye gevlug het, met baie van die geld wat in ‘n Malta-bank beland het.