Toerisme in SA onder die loep

Die Toerisme-sakeraad van Suid-Afrika bied tans sy Toerisme-leierskapskonferensie by Sun City-oord in Noordwes aan. Die konferensie, wat vandag afsluit, fokus op die ondersoek van geleenthede en ook die uitdagings in die sektor. Die raad se uitvoerende hoof, Tshifhiwa Tshivhengwa, sê die konferensie beklemtoon die deurslaggewende rol van toerisme in die ekonomie. Hy sê die platform bespreek ook oplossings wat benodig word vir die toerismesektor om volhoubaar en mededingend te bly: