Namibiese sjefs vereer

Die Namibië Sjefsvereniging sê sy prysuitdeling was ‘n reuse-sukses. Dit het by die Silverspoon Hospitality-akademie in die hoofstad plaasgevind en daar was drie kategorieë deelnemers – skolesjefs, junior sjefs, jonger as 25, en senior sjefs. Die president van die vereniging Philip Klynsmith het die wenners met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.