Voorafbetaalde krag vir verspreiders? Dit kan vir NamWater ook werk!

NamPower wil teen Julie 2025 al sy verspreidende kliënte ‘n voorafbetaalde stelsel daarstel. Die maatskappy het baie skuld en terwyl daar kommer oor die implikasies van die stap is, sukkel NamWater ook met baie in uitstaande skuld. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by NamWater se uitvoerende hoof om uit te vind of daar by die watervoorsiener ook sulke planne in die pyplyn is.