Besteding van F1-spanne word ondersoek

Die beheerliggaam van Formule Een sê al tien spanne het verlede jaar aan die kosteperk voldoen. Die liggaam sê daar was ‘n uitgebreide ondersoek na alle bedrywighede wat nie met F1 verband hou nie voordat die spanne elkeen ʼn sertifikaat van voldoening ontvang het met die perk van 2,69 miljard Namibiese dollar. Dit het verskeie besoeke aan spangeriewe en noukeurige ouditprosedures behels. Daar word berig dit volg op gerugte die afgelope weke dat minstens een van die spanne weer die kosteperk oortree het nadat Red Bull die perk in 2021 oorskry het.