Publiek moet paraat wees, ook wanneer hulle tuis is
Die Namibiese polisie waarsku lede van die publiek om paraat te wees. Dit kom na drie gewapende mans, met balaklawas ‘n pistool en ‘n panga, toegang tot ‘n eenheid in die Imandra-kompleks in Kleine Kuppe deur die kombuisvenster bekom het. Hulle het die vrouens in die eenheid oorrompel en weggekom met goedere ter waarde van 95 000 Namibiese dollar. Daar het ‘n bakleiery ontstaan en ‘n skoot is in die dak van die eenheid afgevuur. Niemand is beseer nie. Geen arrestasie is gemaak nie en niks van die goedere is teruggevind nie. Die ondersoek duur voort.