Iran amputeer hande van herhaalde dieweJune 10, 2025

Iranse owerhede het twee mans se hande geamputeer, nadat hulle herhaaldelik aan diefstal skuldig bevind is. Die amputasies is gedoen nadat die vonnisse van ‘n hof in die sentrale provinsie, Isfahan, deur die Hooggeregshof bekragtig is. Isfahan se hoofregter, Asadollah Jafari, sê die regbank sal voortgaan om sterk standpunt in te neem teen misdade wat die publiek se veiligheid bedreig. Die polisiehoof van Iran, Ahmad-Reza Radan, het vroeër die maand gesê die polisie sal streng optree om beursie- en selfoondiefstal te bekamp.