US$3,8 miljard vir nuwe lughawe by Luanda, open Desember

Angola se president, João Lourenço, sê die nuwe lughawe in Luanda, die dr. António Agostinho Internasionale Lughawe sal teen Desember 2023 ingehuldig word. Die nuwe lughawe is ongeveer 45 kilometer van die hoofstad en kom teen ‘n koste van 3,8 miljard Amerikaanse dollar. Die lughawe sal Boeing-747- en Airbus A380-vliegtuie kan ontvang, en sal ‘n totale oppervlakte van 50 vierkante kilometer hê. Daar word verwag dat tot 15 miljoen passasiers en 50 000 ton se vrag per jaar ontvang sal word.