Banke eis N$41,1m in 25 aansoeke vir verstekvonnisseJuly 4, 2025
Die mosiehofrol het 73 aansoeke vir verstekvonnisse vanoggend bevat met 12 op die reël 108-rol. Regters Boas Usiku en Gerson Narib het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 25 van die aansoeke gebring met ‘n reuse skuldlas van 36,5 miljoen Namibiese dollar. Die banke eis 12 eiendomme met skuld van amper 32 miljoen dollar terug en 12 lenings waarop 4,64 miljoen dollar geskuld word. In Maandag se sessie hanteer Narib 52 onverdedigde egskeidings.