Esau-borgaansoek: Regter wil weet of geld op plaashuis bestee is

Die borgaansoek van die oudminister Bernhardt Esau duur steeds voor regter David Munsu voort. Die hoof ondersoekbeampte van die Teenkorrupsie-kommissie Andreas Kanyangela getuig steeds. Munsu het ingespring en aan Kanyangela gevra of daar bewyse is dat Esau die fondse van Nengomar Pesca in Angola, sowel as die van Fishcor, gebruik het om sy plaashuis op te knap en uit te brei.