Hoofstad se EBike-projek vandag bekend gestel
EBikes4Windhoek-projek, word vandag in die hoofstad van stapel gestuur. Die projek se primêre doelwit is om koste-effektiewe, energie-doeltreffende alternatiewe deur elektriese fietse, sonkrag-herlaaistasies en inligting-spilpunte bekend te stel. Hierdie inisiatief het ten doel om volhoubare vervoerkeuses te bevorder en die toeganklikheid en sigbaarheid van fietse in die stad te verbeter. Die bekendstelling vind om nege-uur by die Nust-kampus plaas.