Ministers vergader oor Trans-Kalahari-spoorprojek

Die vervoerministers van Namibië en Botswana gaan vanoggend in Windhoek vergader oor die Trans-Kalahari-spoorweg-projek. Namibiese vervoerminister John Mutorwa en sy eweknie Mothibi Molale sal die vordering oor die projek bespreek. Dit volg na TransNamib ‘n ooreenkoms met Sea Rail Botswana onderteken het vir sy deel naby Gobabis, wat die multimiljard-dollar spoorwegprojek sal uitrol. Die lyn is daarop gemik om Botswana se steenkoolbronne met Namibië se hawe te verbind. Wanneer die lyn opgeknap is, sal die vervoer van steenkool van die buurland tot by Namport begin. Daar is vroeër ‘n ooreenkoms onderteken vir ‘n droë-hawe fasiliteit by Gobabis. Dit sal invoere vir Botswana deur Namport en ook sy uitvoere deur Namport vergemaklik.