Voertuigverkope vir Mei vertoon steeds beter as verlede jaarJune 18, 2025
Daar is 1 011 nuwe voertuie in Mei verkoop, ‘n inkrimping van 18,7 persent teenoor die 1 243 nuwe voertuie wat in April verkoop is. In sy ontleding sê IJG Securities dat ten spyte van die maandelikse daling het nuwe voertuigverkope vir die jaar tot dusver 5 657 eenhede bereik, ‘n styging van 6,2 persent op ‘n jaargrondslag. Passasiersvoertuie het 45,6 persent van die totale nuwe voertuigverkope vir die maand uitgemaak, terwyl kommersiële voertuie die oorblywende 54,4 persent uitgemaak het.