Tennis: Djokovic en Alcarez stamp weer koppe by Amerikaanse Ope

Tennis: Net meer as ses weke nadat die wêreld se nommer een-speler Carlos Alcaraz, Novak Djokovic by Wimbledon verslaan het, kan die twee mans weer oor die volgende twee weke koppe stamp by die Amerikaanse Ope. Die tweede gekeurde Djokovic skop sy veldtog af teen Alexandre Muller van Frankryk en sal met ‘n oorwinning weer wêreld nommer een wees, afgesien van hoe Alcaraz vaar in die toernooi. Alcaraz kom in die eerste ronde te staan teen Dominik Koepfer van Duitsland. In die vroue-toernooi is die 19-jarige Coco Gauff op soek na ‘n eerste Grand Slam-titel.