Betoging oor Kaapstad se kragtariewe
Stad Kaapstad sê sy elektrisiteitstarief is wettig en die metroraad het dit ingevolge die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur goedgekeur. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het gereageer op ‘n betoging deur politieke partye, vakbonde en burgerlike organisasies oor die stad se verhoogde kragtariewe. Hulle eis dat die stad onmiddellik sy verhoging van 17,1 persent in tariewe wysig tot die Nasionale Energiere-guleerder, Nersa, se syfer van 15,1 persent. Die organiseerders van die protesoptrede het Saterdag ‘n griefskrif met eise aan amptenare van die metro oorhandig.