Trustco bring dringende aansoek in hoërhof oor opgeskorte banklisensie

Die Trustco-groep het ‘n dringende aansoek in die Windhoekse hoërhof gebring nadat die Bank van Namibië verlede Vrydag Trustco Bank Namibia se banklisensie tydelik opgeskort het. Die sentrale bank het na oorleg met die minister van finansies en openbare ondernemings, Ipumbu Shiimi, besluit om die magtiging van Trustco Bank om as bankinstelling te funksioneer, op te skort. Die uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen, versoek regter Boas Usiku dat Trustco Bank se tydelike skorsing opgehef word.