Aanpassings in wetgewing oor streeksrade word bespreek
Die Namibiese ministerie van stedelike ontwikkeling is tans besig om sy wetgewing in verband met streeksrade aan te pas. Die doeltreffendheid van streeksrade is die afgelope tyd in die nuus met kapasiteitstekorte en ander uitdagings wat ontwikkeling in streke belemmer. Daar is ook kommer oor politieke inmenging. Minister Erastus Uutoni het die byeenkoms, wat oor twee dae sal strek, vroeër toegespreek.