Man U gooi Greenwood uit na interne ondersoek
Die Manchester United-voorspeler, Mason Greenwood, gaan die klub na ‘n wedersydse ooreenkoms verlaat. Dit volg na ‘n interne ondersoek teen hom oor poging tot verkragting, beheersende en dwingende gedrag en aanranding. Die 21-jarige internasionale speler van Engeland is in Januarie verlede jaar in hegtenis geneem, maar die aanklagte is in Februarie vanjaar laat vaar. United sê in ‘n verklaring hulle het saamgestem dit sal vir Greenwood beter wees om sy loopbaan weg van Old Trafford voort te sit. Sy kontrak is geldig tot 2025 en hy kan nou aan ‘n ander klub verkoop of geleen word.