Toerisme-sektor reageer op Eurowings wat blykbaar Dinsdag weer in Windhoek land

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat Lufthansa se Eurowings Discovery vanaf môre weer op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe sal land. Volgens Lazarus Jacobs van Paragon, sal die eerste twee vlugte vanaand vanuit Frankfurt na Windhoek vertrek. Gitta Paetzold van die Namibiese Gasvryheidsvereniging sê terwyl dit ‘n groot verligting is dat vlugte normaliseer, is daar wel steeds uitdagings met die probleme van die naweek en die bottelnek sal ‘n week neem om uit te sorteer.