Djokovic, Gauff seëvier in Cincinnati
Die wêreld se nommer twee, Novak Djokovic, het die wêreld se nommer een, Carlos Alcaraz van Spanje, in ‘n riller van drie stelle verslaan om die Cincinnati Ope te wen. Die Serwiër het ‘n kampioenskapspunt afgeweer op pad na sy oorwinning van 5-7, 7-6 en 7-6. Hy het daarmee sy rekord tot 39 ATP Meesters 1000-titels vergroot en die 95ste enkelspel-titel van sy loopbaan ingepalm. Djokovic sê dit was een van die moeilikste wedstryde van sy loopbaan:
TERUG: In die vroueafdeling het die Amerikaanse tiener, Coco Gauff, die Tsjeg Karolina Muchova met 6-3 en 6-4 afgeransel om die grootste titel van haar loopbaan op te raap.