Menzies ondermyn regbank, maatskappy moet waai!
Die raadsvoorsitter van die Namibiese Lughawensmaatskappy, dr. Leake Hangala, beskryf die gedrag van die vraghanteringsmaatskappy Menzies Aviation as pure arrogansie. Dit volg nadat hulle deur die lughawensmaatskappy by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe uitgesit is. Menzies het hulle weer tot die Windhoekse hoërhof gewend en ‘n dringende aansoek Saterdag gebring met die saak wat tot vandag uitgestel is. Die Namibiese maatskappy Paragon Aviation het vrag- en grondhantering by die lughawe oorgeneem, en dr. Hangala sê hulle is bevoeg vir die taak. Hy sê dit is tyd vir Menzies om te gaan.