Tree op teen ongeregistreerde Gautengse skole
Die GOOD-party in Gauteng doen ‘n beroep op premier Panyaza Lesufi en die departement van onderwys om teen ongeregistreerde skole in die provinsie op te tree. Dit nadat die ongeregistreerde Crowthorne Christian Academy na bewering ‘n 13-jarige meisie die skool verbied het omdat haar rasta-lokke in stryd is met die skool se beleid oor hare. ʼn Woordvoerder van die GOOD-party, Matthew Cook, sê die kritieke tekort aan skole in die provinsie dwing ouers om hulle uit desperaatheid na ongeregistreerde skole te wend.