Viroloog: Geen paniek oor Eris

‘n Viroloog aan die Universiteite van KwaZulu-Natal en Stellenbosch, Tulio de Oliveira, het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om kalm te bly te midde van die aankondiging van die eerste geval van die Covid-subvariant, Eris, in die land. Die subvariant is in ‘n pasiënt se monster in Gauteng ontdek. De Oliveira sê hoewel die subvariant moontlik tot ‘n toename in besmettings kan lei, is daar geen aanduiding van verhoogde erns in siekte nie. Hy sê mense moet ingeënt word om die kans op besmetting te voorkom.