Meer as 27 mense dood, 100 gewond in Libië
Mediese bronne in Libië sê 27 mense is dood en meer as 100 gewond in gevegte tussen twee gewapende faksies in die hoofstad, Tripoli. Geweld het uitgebreek nadat die een groep, die SDF, ‘n bevelvoerder van die 444 Brigade in aanhouding geneem het. Die geweld het begin afneem nadat die bevelvoerder Dinsdagaand vrygelaat is. Tientalle families moes egter vlug uit die gebiede waar die hewigste gevegte voorgekom het. Vlugte is ook by die internasionale lughawe in Tripoli opgeskort, en skole het eksamens gekanselleer.