Mobiele lykshuis kom op eiland Maui aan

‘n Mobiele lykshuis het op die eiland Maui in Hawaii aangekom, terwyl pogings verskerp word om die slagoffers van verlede week se verwoestende brande te identifiseer. Die dodetal het tot 106 gestyg het, maar slegs vier van die slagoffers is sover geïdentifiseer. Die brand het meer as 2 200 geboue vernietig en die koste van die skade word op 5,5 miljard Amerikaanse dollar geraam. Volgens die goewerneur van Hawaii, Josh Green het soek- en reddingspanne met snuffelhonde sowat 27 persent van die rampgebied deurgegaan op soek na meer as duisend mense wat nog vermis word.