Tjongarero sê binnegevegte moet stop

Die sportminister Agnes Tjongarero, het ‘n beroep op sportbeamptes en afrigters gedoen om hul binnegevegte te staak en op te tree in die beste belang van atlete. Sy sê Namibië het talentvolle atlete, maar hul ontwikkelingspotensiaal word belemmer deur die binnegevegte wat geskep word deur diegene wat sport administreer. Tjongarero het bygevoeg dat die huidige binnegevegte wat onder afrigters en administrateurs in die verskillende sportsektore heers, die moraal van ander beamptes en dié van die atlete beïnvloed. Tjongarero het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…