Minstens 96 mense in Hawaiise brande dood, talle nog vermis
Brandbestryders in Lahaina in die Amerikaanse staat Hawaii werk steeds om brandpunte onder beheer te bring ná verlede week se verwoestende brand. Minstens 96 mense is dood, en talle word vermis. Snuffelhonde word gebruik om slagoffers onder die puin te vind. Die brand is die eiland se ergste natuurramp nog. Die goewerneur van die staat, Josh Green, het vroeër tydens ‘n mediakonferensie gewaarsku dat die dodetal aansienlik kan styg. Hy het ook onderneem om ondersoek in te stel na die reaksie op die brand, en die redes vir noodsirenes wat blykbaar nie afgegaan het nie.