Covid: leerders het ‘n belangrike rol om te speel

Leerders in Namibië is tans op ‘n wintervakansie weens die stygende Covid-gevalle tydens die derde vlaag en ander studeer nou van die huis af om die verspreiding van die virus tussen leerders te verminder. Verlede jaar het Namibië baie leerders in die skoolstelsel verloor wat nie teruggegaan het skool toe nie. Ingrid Husselmann, ‘n kinderadvokaat, het leerders en ouers aangemoedig om gedissiplineerd by die huis te werk. Husselmann het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.