Ma in gru-video van kindermishandeling vandag in die hofAugust 14, 2023

‘n Gru-video van ‘n vrou wat op ‘n ses-jarige meisie sit en haar herhaaldelik slaan, het die naweek op sosiale media verskyn. Die bekende No to GBV-groep het vroeg Saterdagoggend die video gedeel en bekend gemaak dat die volwassene in die video die kind se ma is. Maatskaplike werkers is onmiddellik ingeroep. Adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi van die Namibiese polisie het bevestig die voorval het in Greenwell Matongo in die hoofstad plaasgevind en dat die vrou gearresteer is en vandag in die hof sal verskyn. Die dogtertjie is blykbaar ses jaar oud.