Farrell afgestuur in swak Britse vertoning op Twickenham
Engeland se kaptein, Owen Farrell, is afgestuur toe sy span ‘n agterstand uitgewis het en Wallis gisteraand met 19-17 geklop het in ‘n swak Wêreldbeker-opwarmingswedstryd op Twickenham. Die losskakel het aanvanklik ‘n geelkaart gekry vir ‘n hoogvat, maar volgens die nuwe reëls is dit na ‘n rooikaart opgradeer terwyl die wedstryd nog aan die gang was. Dit kan Farrell uit die span hou vir Engeland se eerste Wêreldbeker-kragmeting teen Argentinië op 9 September in Marseille. In nog ‘n opwarmingswedstryd in Saint Etienne, het die tuisspan Frankryk, Skotland in ‘n taai stryd met 30-27 geklop met ‘n strafdoel in die laaste minuut van die wedstryd.