‘Kondoom-tender’ draai in hofAugust 13, 2023

Die sogenaamde en omstrede kondoom-tender is weer in die nuus. Die tender, ter waarde van 1,58 miljard Namibiese dollar is deur die gesondheidsministerie oopgemaak en handel oor die lewering van toerusting, waaronder die nou bekende kondoom-tender ook geval het. Die tender is kort daarna gekanselleer maar, soos oudergewoonte, het een van die begunstigdes hom aan die hof gewend om die kansellasie om te keer. Helena Figura van Talindje Investments, wat 141 miljoen dollar van die tender ontvang het, om onder andere, handskoene en spuitproppies te verskaf, het haar eis by die hof ingedien. Maar die maatskappy is nie sonder sy eie omstredenheid nie. Figura blyk om die enigste werknemer te wees en die adres van die maatskappy is haar ma, Saara Katiti, oud-baas van TransNamib, se huis in Hochlandpark. Daar word gereeld kritiek uitgespreek oor tenders wat aan sogenaamde aktetas-maatskappye toegeken word.